BEGIN
ek kom
uit die kleur van St. Rmy
ek droom deur die blare
wat vou oor die paaie
wat groei uit die lyf
ek trap
in die spore van waens
van kinders wat trek en wat ly
ek kom uit n eier wat Bloukrans
oorleef het, n sperm wat anderkant
Paardeberg aanhou baklei het
ek klim
op n trein en ry deur die jare
wat alles vergewe wat ek kan onthou
ek kom uit St. Rmy
ek kom uit Prins Alfred
uit my hart uit
oop kom ek na jou
