Lyfeienes
Diegene wat al liefgehad het,
die verlede tyd ken van di proses,
wat soos n storm in die Hoveld
verwoesting saai,
soos n ontspoorde trein
na die halte van Verdriet vertrek,
soos n ramp
wat alles daarna bepaal,
soos n soos wat buite vergelyking talm,
sal weet hoe die lyf bly verlang:
spore van herinnering dra.
Hoe die geliefde ruik,
n hand vashou of n lyf
wat presies in joune nommerpas.
Dis swaar om van iemand te hou.
Veral omdat die lyf voetjie vir voetjie,
stadig en onseker, op n slakkepas
sy eie pad loop.
