La dolce vita
Ons is nie meer lovers
nie. Waarskynlik word ons nou
soos ydel reisigers na verre lande
wat tuisgaan in n Sheraton
en indrukke afweer, verwerk, vertel.
Ons probeer die verlede afleef
toe ons saam gereis het,
jy en ek
en nrens n holte vir ons voet
kon vind nie
en in vreemde tale begin praat
het; selfs ons gedagtes en intiemste gevoelens
is gesteel deur ander.
Toe staan ons voor dooiemansdeur.
Die wegbeweeg van mekaar
met poskaarte, fotos en herinneringe
van ons intense reis saam.
Ons het beide siek geword daarvan:
van die inmekaarreis,
maar ook van die wete
dat ons nooit weer sm sou reis
nie. En nou? Ons sal weer by mekaar
inboek. Ons name in die liefdeshotel
se register skryf. n Kamer bespreek wat uitkyk
oor n swembad waar loom gaste
soos vet robbe langs die water l.
En mre, net voor die skoonmaker opdaag,
sal ons beide vertrek
met die belofte van n wedersoens.
