Tea for two
n Tee-afspraak om 10:
Quis?
Quid?
Ubi?
Ons afgelope liefdesrelaas
soos
n speurverhaal.
Volgens jou
is die moordenaar
die digter
wat om selfbelang
die geliefde
aan die kaak stel.
Ubi?
Quis?
Quid?
Volgens my
stel jy
verkeerdelik
ons liefde gelyk
aan die gedig.
Hoe yk
mens n vers?
Hoe kom jy
by
die geykte verby?
Quid?
Quis?
Ubi?
Hoe raak
n mens ontslae
van n liefde
volledig uitgespeel?
die moordenaar
en vermoorde
tot teleurstelling
gedoem.
