Op die radarskerm
van onthou
verskyn soms n herinnering
n brief
n beeld
n droom
van jou
ek delete jou files
jy verdwyn soos wat ek save
van stiffie na hardeskyf
en terug
jou e-posadres
flikker nie
meer nie
vir die blote skyn
bewaar ek twee smse van jou:
Jy weet wat tussen ons is.
Vir altyd joune.
ontmoet jou vlugtig
soos
n selfoon wat n boodskap
laat flikker
n radarskerm
waarskuwend
oor n onbekende objek
in die ruimte
van ons eens
intense betrokkenheid
niks meer oor nie
ek herken
nie meer jou gebare
jou hande en mond afwysend nie
n radarskerm
flits
gevaar
die liefde nou
n blote skyn
