Aan die einde van die wreld
Hoe lank nog
hierdie verlange na jou?
Die klooster se oggendklok
beier verlange na jou,
die foon lui nie
meer nie,
daar is geen boodskappe
van jou op e-pos
of n afspraak vir n wedersiens
of wederhoors.
Die ondraaglike stilte
praat sy eie taal. Die sjerpas
weet te vertel dat die skeure
in Everest so diep, so ver strek
dat die klimmer tot die aardbol
se onderste kant
val. So was dit dan eens met ons:
twee bergklimmers
wat voetjie vir voetjie
die kruin uitklim, oor die hoogtes
van liefdesekstase, swymelend van geluk.
Maar onvoorbereid op sneeustorms
van tespraak en misverstand 
Toe sterf een van ons  die lug te dun.
En die ander  dit was ek,
bly val en val en val
tot aan die ander kant
van geluk.
