SYLVIA PLATH  IN DRIE STEMME
INou syg sy in n droom na buite.
Haar pen gereed in sy hulsel.
Syfer die koelte van n tak in.
Gly die esboom deur
om hom, haar digter,
glansend uit die ver streke van haar asem te haal,
hom vanuit haar digste dink it te dink.
En hy
sal met die reuk van jakkalspels uit die swartgroen denne kom.
Sy o gerig op die koestering van n ou woord. Versigtig op haar spoor sal hy haar soek.
Sy oor draai na haar woord.
Uit die hoek van haar oog sien sy hom.
Dan gly haar pen woorde in,
gly inkgletsers af, huiwer kommarig,
krap vasbeslote met beernaels deur papierverset
om sevierend die snerpende yskristal met haar bloed te smelt.
:Ek getuig van jou soos n rivier van sy ys. :Skryf jou as n onverskrokke sneeuroos.
:Jy soen my met die genoeglikheid van murg.
Toe die plat roosblaar uit die glas inskiklik tafelblad toe knik,
sit sy die pen op sy plek.
Vanaand sal hy in lyflike lewe
kundig en pyplik murmureer oor n vermufte metafoor, sukkelende taal korrigeer,
oor n dit en dat kommentaar lewer, die lint uit haar hare trek
en sy baldadig word soos n gegewe woord.
Niks anders, niemand vandat ek jou liefhet nie en vandag bloemlesings
gousblomme, kapperkruid en laventelbos.
Ons fietse ry spatsels los onder die knipoogson tussen die eike.
O ek verlang altyd na blomme en na jou
wat beskerm met vermetele teerheid.
n Weiding vokaalronde koeie amuseer jou. Die dag word rooi soos piekniekappels. Later dommel die reiskombers slaperig onder naaldekokerslurpe.
Jy gryp my hand wat aan jou wou vat, jou besitlik verken en gulsig wou afbaken:
die lig te skerp vir romanse.
Alles word los,
blare fladder soos vols oor n skare affodille. Ons moet oppak.
Mre moet jy Londen toe. Brilmaker, uitgewer?
Langs die pad terug n plaat paddastoele, maar jy jaag hoenders uitmekaar, klipmuur en ysterhek oor en dink
aan iets anders.
Geen stellasie sal ooit steier onder jou seggenskap.
Uit die dorp gly die klok in die klipkerk gul by my oor in.
Ek trap die klank agterna
maar dit glip peinsend oor die keiklippe weg.
Deur wintervensters vries vleiriete stroomop.
Die vlei is n blinde spiel,
omdat sneeu alleen weet hoe alleen sneeu en papier is.
Ek is nie meer syne nie. Tot in my verste
asem gee ek
uiteindelik oor aan die landskap van sneeu.
As droefheid treur
is dit oor die herinneringe van verbeelde mres.
Waarheen sal ek skryf, van waar sal ek skryf? Na wie toe skryf ek
as die onderwreld geen ringduif het om te offer nie?
Lustelose klokke
dong Oudanglikaanse verdriet en hierdie pyn.
Die stoof
glim brutaler as sneeu. Aparter en witter.
Die blou-blou gaswalms maak konstellasies sterre vir my laaste vers.
