OORSKRYDING
As ons dan saamstem
vir die hoeveelste keer in soveel jare  n grenslyn heg nie maar verdeel 
hoekom knoop jy dan die linte van my sandale los en word my enkels dun en mooi?
Kan ek skielik skraal trap soos n flamink in water? Hoekom word die boog van my voet
die loopplank van jou duim na my verlange?
Die sagte ligte is dit eens
en flikkerblou kerse glo tog nog n bietjie, want as ek kaalvoet na die wasbak stap, my gesig van jou weggedraai,
peuter haarnaalde skielik self los. Val tussen koppies in
as jy jou vinger op my skouer sit.
Jou hand gly ritssluiterglad teen my rugstring af
en ek praat verby dit wat ek wou s, sodat jou mond terstond
met myne ooreen val.
Onder jou denimhemp is jou vel pasklaar oor jou ribbes getrek.
Ons karteer oorhands n nuwe gebied.
Nou is jou hare n raafvlerk op my kussing en jou migrerende o
kom maak nes by myne.
Op die smal strook tussen my borste klop my hart onder jou hand:
O Belusteling, ek soen jou vingers en draai my polse na jou tong. Berekend langsaam stel jy
die mildelike mateloosheid van my lyf vas.
In die ho vlug
stroom verrukte swerms oor alle grense
en jy hou my dop soos n verkenner sy kompas.
