Die geskiedenis van ons verhouding per e-pos
Deur die kuberruim
verander daagliks
vele boodskappe 
soos vlinders
van afwagting,
verander
in woedende bye
vol verwyt, afwysing en misverstand.
Selfs n le boodskap
gevul met verlange en verdriet
in ons tyd van skeiding.
Dan die brommers
op die uitskot
van n wedersiens.
Totdat ons op airmail
niks meer versend
of ontvang nie.
