O ewige jy
Jy haat my verse.
Die proses van ek wat namens
jou praat. Van die uitflap.
Van die openbaarmaking.
Daarom sal ek jou gesig uitwis,
dit onsigbaar maak soos met n digitale kamera
wat blokkies wys op TV. Elke file oor jou 
 ekskuus ons  uitwis, jou naam uit my adresboek
verwyder en elke tasbare ding breek.
Die herinneringe sal ek opskeur
soos fotos oor die oorlog 
Ons laaste gesprekke l reeds op n vullishoop
in swart sakke waarop haweloses teer
en ons laaste argumente staan op n hofrol:
Skadevergoeding geis weens verlore drome. 
Lees ook die in memoriam in die oggendkoerant:
Die tragiese heengaan
van ons verhouding
hiermee vandag herdenk.
As jy hierdie berig lees,
daar waar jy nou is,
weet dat ons skeiding
ook vir my pynlik is.
S jy in jou klein hoekie
en ek in myn.
