N BRIEF
Palestynse oproer in Neve Dekalim, 18 Julie 2007
Jy het nog nooit n liefdesbrief gekry nie, nog minder een geskryf, net
/na aanleiding van/Palestynse geweld/ /massiewe militre aanslag/grondoffensief/ /opdragte/parafeer/Soldaat.
Of, snags as die sterre al aandoenlik blink, sal jy laag oor jou lessenaar letters en syfers dekodeer en enkodeer
en soms inligting saaklik faks.
Daarom gaan k vir ons skryf:
Liewe Soldaat, nog meer  my liewe Verlange,
my dierbaarste Verlangste,
ek wil my woorde losbandig skryf, skaamteloos libertyns,
sonder la-di-da-vernis jou wen. Kyk, my lief, die maan kurk hom in die blink bottel van die nag
en ek wil loslippige, onbevange metafore fluister as my hande oor die teikens
van jou tepels vee.
Agter my wimpers
skuil ek soos Neve Dekalim agter mure
maar met een opdrag ontplooi ek onoorwinlik hoog op teen jou skouers,
hoop ek op soos n duisendtal sodat jou stem hees en laag word
en jou swaar skouers op die kussing terugval.
O my lief, hoe geweldig loop ek af na die hange van jou dye
maar hier gryp jou hande na vergelding en die sagtheid van my borste
val in die lokval van jou palms en ek word vatbaar en gewillig.
Hoe skryf mens n n liefdesbrief as die hart meer as woorde is? Hoe ontsyfer mens die skrif
wat my pen sukkel om te sien?
O my lief, die maan kurk in die bottel van die nag
en die losheid van my borste val soos n stad in jou hande.
