Aanwesigheid/afwesigheid
Talmend hierdie vertrek. Altyd herinneringe
soos n gedig, n gesprek, n memento 
Iets soos voetspore in die sneeu,
n vingerafdruk teen n venster,
n verjaarde derdepartyskyfie,
n ou tjekboek, n gedeelde herinnering;
veral veral twee name langs mekaar
in die kuberruim. Talmend hierdie vertrek.
