SOMER
Vir my is jy net somer:
my eie seisoen van son
wat my elke oggend
vroer van verder af kom haal,
wat elke aand later
nader aan my ondergaan
en met lig, trosse lig,
al die skaduwees
om my verjaag.
Jou praat is die ren
op my land
wat koel teen my wortels
kom l
om die groen
vir my blare te gee,
die klop in my are te maak,
die pas van my hart
vir my aan te gee.
My lief,
jy maak my so onverdiend
winterloos.
