Die gedig ontstaan uit jammerte, verdriet.
Om jammer te s
met n boodskap in n bottel
dat ek jou nie meer liefhet nie,
of, nie meer jags is vir jou nie.
Dat die gedig nou nie meer jag
maak op jou nie. Dat die kraan toegedraai
is. Die skoonheidstroos van die gedig is weg.
Dit was n droom  n premonisie 
dat jy die kraan sou toedraai.
Aan n lang tafel voed jy almal.
Maar sien vir my, ou Dowe Petrus, oor,
wat met hanekraai (of was ek Judas?)
vertrek. Dis verby, oor. Uit.
Soos n sonnet wat na 14 rels
tot rus kom, my Dark Lady.
n Kwatryn wat kwaadpraat.
Kleingeld maak. Die koel
is deur die kerk waarop die haan
sonder balle kraai.
Oos wes, tuis les
jy my dors. Met n ysere wil.
Toe jou man ontdek
ek het jou ge-Iskariot. Nee.
Die gedig het. Of nee. Die droom
is verby. Alle paaie lei na drome.
