Om n sinkende skip agter te laat
n Skip
soos n verhouding
sink selde sonder waarskuwing.
Oor die Titanic
verneem ons hoe die ysberge
gevaarlik uittroon. En die kaptein
volhou alles is onder beheer.
Totdat water in die buik
insypel: alles onder druk plaas.
Om dekstoele op die Titanic rond te skuif.
So was dit met ons. Lank voor my vertrek,
om die sinkende skip blou te verf,
kon ons snags nie slaap nie. My drome
soos my gedigte stuur SOSe .
Die laaste ure glo was daar paniek.
Rangordes uitgewerk oor wie eerste
moet vertrek. Party het verdrink,
ander verkluim in die yswater.
Nader my God by U. n Gedig
is soos n sinkende skip. Dit l
soos die Titanic in die onbewuste.
Geberg tussen rommel, geroeste materiaal
en vele stiekem afsprake.
Veral die gedigte soos ysberge.
Ons verhouding kon nooit sink nie.
Daarom was daar te min reddingsbote
aan boord. Hierom staan ons beide
ontnugter, verontrus, onkant betrap
oor ons verhouding op haar nooiensvaart
spektakulr en pynlik
op die rotse is. n Liefde verby voor dit
eintlik afgeloop is. So n liefde vergeet jy nooit.
Jy verklaar dit tot besienswaardigheid.
n Liefde op geleende tyd. Bedryf in gesteelde ure.
Onverpoosd soek jy na juwele onderwater.
You never finish a poem;
you just abandon it. n Skip is n verhouding,
sinkend.
