Sliding doors
Ons lewe apart van mekaar,
slaap apart,
kla by terapeute apart,
ly apart.
Tog voel ek jou steeds aan.
Is die deur nie gesluit nie.
Laasnag lui my voordeurklok,
maar ek antwoord nie die deur nie.
Deur hoeveel onthoue
moet ek gaan om te vergeet?
Ek hoor die windklokke
van ons verlies eentonig, eentonig lui 
n Spirituele raadgewer lui n Tibettaanse klok
oor my lyf se energievelde:
sluit die chakras oop. Die twaalfuurkanon
slaan dawerend en luid: ek tel n glasskoentjie op.
