Love on the rocks
so keer ons weg van mekaar
twee geliefdes
twee minnaresse
twee ekse nou
eens n item
eens saam
toe breek ons verhouding
soos n skip oor n rots
nee eintlik meer
opsienbarend
dramaties
onverwags
onherroepelik
soos n gesloopte gebou
wat insak op sy struktuur
toe hy jou e-posse lees
my nommer op jou sel ontdek
en verdomp  as toegif  n rekening
vir whisky-on-the-rocks in jou handsak
uitsnuffel
soos n bloedhond
