Die trane die rol oor jou bokkie
Uiteindelik praat ons.
Wat het jy vandag gedoen?
Gewag gemaak van jou.
Soos n wagter op die toring.
Wagtend, wagtend.
Geskryf  dag jy kon wegvlug?
Onmoontlik  maar dit was aaklig
om sonder jou die dag te vier.
Maar jy het beloof?
Nee, ek het nie.
Jy ht.
Verstaan skielik die droom
van water wat teen die muur afstort, 
verbyster oor daar
soveel trane te stort is
oor iemand wat jou vooraf waarsku:
Ons mag hieroor nooit treur nie;
ons het lief op geleende tyd.
Maar soos gewoonlik het ek die fyndruk
van die kontrak verkeerd gelees.
