Ander kere
laat jy onverwags weet:
vanaand is onmoontlik. Of gaste
uit n ander stad l besoek af oor Kersfees
en Nuwejaar. Dan wag ek soos n bedelaar
op n boodskap, n sein, n oproep.
