OPEISING
om op n sondagoggend alleen
in die groot saal van die holokaustmuseum te staan
die hele muurwond te sien van skedelnaat tot verskrompelde voet
snoeisels tone geheel gesny van n gebroedsel been
om skielik nie meer serebraal van hier tot daar te kyk nie maar om met n skarnieroog my volledig te hang
aan die deur van verskrikking
sodat die sin kan swig voor die bereide dood
om met erkenning die streepsak van my eie gebeente te hoor val bloed te laat rik aan sy slagting
die ontvolking van my hart te sien vlug
om met versengde huid te kwyl na geregtigheid my dachauvoete te sleep na verhoor
om uiteindelik na soveel jare jou ss-o te glo
en te s: ek soek wreldhof
