Soms
Soms ontmoet ons mekaar
professioneel in die openbaar.
Die man met die sonbril in Colcacchios
waarskynlik n speurder. Ons het alibis:
ons bespreek n kontrak.
Daar l soveel woorde tussen ons
wat jy op e-pos uitwis.
Ek behou alles. Versamel elke uiting
vir al die aande alleen
wanneer jy sy woorde aftel
om agter die kap van sy byl te kom:
vermoed Meneer dat Mevrou
besig is om te slaap by n ander vrou?
Of dink Meneer steeds dat Mevrou
net van hom en sy status hou?
