Ontmoeting
jy praat in n kil stem
ek weet hy luister
n vals gesprek, naam
n regte plek, alibi
tydsduur presies
hora est
jy laat jou motor in n parkeergarage
om tien voor twaalf tel ek jou op
net voor die kanonskoot
ons ry n ompad
my o in die truspieltjie op die uitkyk
vir sy Mercedes 300 E
ons ry na my plek
ons loop apart die trappe op
ek sluit die deur oop maak die vensters oop
die lakens blakend wit
jy trek dadelik uit	ek skink vir ons n drankie
jou sarong val oop
kom ons dans, versoek jy Dont sleep in the subway, darling,
kweel Pet Clark toe jou sarong afval
en ek jou nakont 
sien
