Affaire: n reeks
1 Love is in the air
per afspraak
ek en jy
in n hotelkamer
ek hou jou dop in die spiel
jy verwyder eers jou trouring
dan die horlosie
bind jou vlashare vas
jy kyk tersluiks na jou lyf
jy weet nie ek koekeloer nie
sien elke merk, litteken op jou lyf
n entmerk
vir ons liefde geen antidoot
geen kuur
volgens afspraak
in kode (lui die telefoon een keer)
sodat hy nie moet weet
ons sien mekaar nie
in n driester hotelkamer nommer 66
liefde op aanvraag
per bestelling
miskien miskien is ons lankal verby die vervaldatum
van ons (maak liefde net voor Nuwejaar)
jy trek die lakens terug
ek ruik Mentadent P op jou lippe
die hartstog tap my af
o bitter woorde l tussen ons
oor hom
die Gideonsbybel waarsku:
die bringer van slegte tyding se o word uitgesteek
verblind deur hartstog soen ons ek glip
in jou in alle paaie wys na genot
waarmee is ons besig? vra jy
jou tong in my mond
n swaard in haar skede
stadig trefseker dodelik
en garde
ons sterf saam onder die wit lakens
bibberend van begeerte nogmaals weer
sou hy weet? wonder ek
wanneer sien ons mekaar weer? wonder jy
jou selfoon lui
ek sien sy naam
flits n gewete
