In fotos l die waarheid
Jy stuur n foto
n ons opbreek. n Foto steel
die siel van die objek. Per e-pos
kom die foto aan, geneem by n party. n Foto
vertel meer as wat die oog kan sien. Jy sit skuinsgedraai
in jou kombuis onder twee dooie toeskouers. n Foto
is n kelder, duidelike testament. Jou profiel sterk geteken
teen die growwe muur van jou kombuis. n Foto neem elke emosie,
trek om die mond waar: hoe anders, vreemd lyk jy na ons skeiding
waaroor sowel jy as ek nie rus kan kry nie. n Foto is n gerusstelling, n foto
soos hierdie verlos my van jou, veral van die obsessie rondom ons. n Foto
is nes n gedig. Eenmalig, finaal, veroordelend.
