Dit sou so maklik wees
Om mekaar eenvoudig net te vergeet,
to call it a day:
maar nou probeer ons daagliks weer by mekaar
uitkom,
iets deel,
verlore ure inhaal.
ons was presies twee maande geskei,
twee maal gemenstrueer sonder jou,
stil gebloei,
nou bloei ons op n ander manier:
oor skryf n bloeiwyse is,
oor woorde nie teruggesnoei
kan word nie 
ons kan mekaar eenvoudig nie behou nie.
Ook nie onthou om te vergeet nie.
Hierdie Dido en Aeneas
moet mekaar eerder nooit onthou nie.
