Skryfode II
Sy maak my die verwyt,
my geliefde,
dat ek haar nooit bemin het nie,
dat alles net ter wille
van die ydel, ydel spel was.
Oor die misverstane woord
is daar
nooit weer te dig nie.
Oor die halfpad onthou
nog minder. Na soveel weke
sien ek brokstukke van jou in ander:
jou voete agtervolg my.
Ek is Osiris wagtend, wagtend
op Isis. Ek is Hambidge, klaar	
met Eybers en Louw.
Die ligtende trein
Na Totius
In die voorkamer van jou huis, smagtend
na n lewe
in restaurante,
kroe,
stilte,
lees,
weg van huishoudelike dramas.
Nou kyk ek terug
en ek verlang
na die koestering van daardie huis,
na die roetine,
die stemme,
die voordeur wat oop was
en nou finaal
toemaak.
Jy was my toeverlaat;
toe het ek j verlaat.
