Een foto som dit alles op:
ons sit soos n middelklasegpaar
by jou peetkind se doop. Asof moedeloos
jou o opwaarts geslaan,
omdat ek nooit vir jou n kind kon gee nie,
nooit kon inpas in jou milieu nie,
nooit jou kinders kon begryp nie,
nooit maar nooit nie. Asof ek wegkyk,
wegbeweeg.
