DIE GROOTSTE GEBOD
Een stil aand
terwyl n boot ingevlerk l en rimpels om hom gaar
om son en middag terug te hou,
stap ek en bid ek hardop uit dat God al meer in my
en jy al minder word.
Ek wil n plan prakseer, maar huil oor die een wat ek moet laat vaar.
Die son wat in die water dryf, tel die bodem
in n dowwe brandsteen.
Die brug sny steeds water en lug.
