DIE MAN
Onder die bome waar die man stap
sou mens n spoor deur die blare verwag  oopgetrap, gebreekte bruin op bruin en rooi, repe bas, ten minste n blom sorgloos gebuig of skadus krimpend onder lower waar die man stap met sy o soos sekels 
maar hy buk oor blomme.
Wanneer die vroue met mandjies kom,
bly hulle asemloos tussen die bessiebome staan, want hy stap helder en hoog.
Die takke is oorlaai met goud en koper. Die spriete onder sy skoene
sak weg en lig op.
Daar is somer onder sy voete.
Hoe versigtig val n blaar op sy hare.
