ISHHA*
ishha,
bly staan so teen die son
kyk deur jou blou gordyne
hoe weerkaats ek in jou vensters
hoe glip ek liglangs in jou in
bly staan so naby my
dat ek die blare van jou blom
op die wind hoor roer
die deinings van jou lyf
op die lig kan voel
o, ishha, bly so staan
so naby my
Die oorspronklike naam vir Eva in die Hebreeuse teks.
