Twee weke terug het ek jou verlaat.
maar die herinneringe aan jou nie.
Body loneliness, noem sielkundiges die proses.
Ek mis jou lyf. Hoe ons in mekaar gepas het op jou dubbelbed.
Hoe jy snags wanneer demone my teister,
melk gaan haal het. Die eerste dag
onthou ek jou sagte lippe.
Sondagaande wou ek vlug, weg van jou huis. Voel
soos n kind wat nie haar huiswerk gedoen het nie.
Ek het nie woorde om te vertel hoe die geluidloos-
heid van die suburbia my bedreig nie. Jy speel DX-Ball
en maak korte mette van eensaamheid. Ek verwyder aanpaksels
in die skottelgoedwasser, kyk later na Al Pacino
se geluidlose gil in Godfather III. n Klein mafia-filmfees
trek my aandag af. Die intermezzo van die Cavalleria Rusticana
klink nou gewelddadig, woedend op. Jy l op die bed
en praat met jou suster. Jy weet nie ek luister
oor die ander foon af nie. Ek beplan n reis na Mexiko en Kuba. Alleen.
Tob oor die semantiek van ons liefde: huis, paleis 
