Ek herhaal my jeug. Jy klink nes my ma
wanneer jy met jou kinders praat, twyfel, tob
oor hul toekoms, help beplan. Dissiplineer.
Ons sit aan tafel. Ons bid vir genade by die HereGod.
Jy blaas jou kos koud. n Familierusie dreig.
Ek skuif my bord in my gedagtes terug. Vou my servet op.
Sien die creepy crawly, n oerslang in die swembad steun.
Die wasgoeddraad draai dieselfde argumente droog.
