Huis, paleis
Twintig jaar gelede het ek my ouerhuis verlaat,
maar my ouerhuis het m nooit verlaat nie.
Dit bly my by wanneer ek
n le tandepastabuisie sien,
of weet iemand het vergeet
om die toiletrol om te ruil.
Ek hoor dit snags in die huis wanneer n kind hoes,
rondrol. Of water in n bad tap.
Wat maak ek hier?
