Die gedig as jakkalsdraai
Ek bel jou uit n restaurant,
so well connected
op my sel. n Afspraak ja, om vier
onder n boomryke Toskaanse nabootsel.
Wat ek nie vermeld nie,
is dat die gesprek nie wil vlot nie.
Reeds vr die ontmoeting
meld n gedig haar aan. Dis n gedig
van afwysing, onsekerheid. Di soort
wat hul self skryf. Soos n onverwagte besoeker,
n geregsbode of n oproep met slegte nuus.
n Sms sonder n boodskap. Ag, hoe het hierdie
spel my nie eens bekoor nie? Hoe maklik het die doodsberig
van die onwelkome, agtervolgende, oorrompelende gedig
my nie indertyd deur die kloake van n internasionale stad gejaag nie?
Moenie vir my s jy skryf as jy iemand anders sien nie, betig
jy, onwetend dat hierdie pynlike, indringende afspraak met die gedig
(dit moet ek nog klaarskryf) presies soos n leuenspreuk stig.
