Moderne liefde
Jy was my attachment.
Wis nie jy dra n virus nie
en nou maande na die tyd
is ek siek van verlang, onthou,
verlang, onthou
omdat my Norton nie jou
spesifiek gekodeerde boodskap kon uitwis nie.
Dus, nou is alles besmet.
My files van onthou. Ons liefde saam.
Jou hartstog soos n vlietende e-pos.
Iewers glo  lank na delete gedruk is  bly
n boodskap, n hiroglief, bestaan.
Ek sal jou nooit nie nooit onthou nie.
Ek sal jou nooit nie nooit vertrou nie.
Weg na die Rescue files is jy.
Vir eendag, miskien eendag
as liefde argeologies gesproke
weer moontlik of uitvoerbaar is.
