MODELVLIEGTUIG
Vir Salmon
Ek het jou vlerke gemaak,
jou gekalibreer,
jou die ruimte beloof,
maar toe jy die lug vat
het ek gehuil
omdat jy kan vlieg,
omdat jy my nie nodig het nie,
omdat jou vlerke jou eie is.
Wees genadig, seblief,
vlieg naby,
maak soos die duiwe:
sirkel net, dryf net,
los die ruimte, los die pad,
kom net huis toe,
want ek is hier
en ek is vlerkloos
en ek is jou pa.
