Life is an old casino in a park.
Sonder taal of tyding
Sy het my verlaat, ja.
In volledigheid. In totaliteit.
Ek hoor nie meer haar voetstappe
of voel die skroeiende pyn van verraad nie.
Dis so volledig, totaal verby.
Dit is so buite woorde
hierdie reddelose gevoel van niks,
hierdie woordelose niks-gevoel.
Geen verlange, geen verdriet nie.
Geen in memoriam nie, alles was verniet.
Boonop: ho verwoord jy emosie
wat wil-wil rym met amputasie?
