Epifanie
In Mlaga, ja in Mlaga
in die suide van Spanje
gaan my jeug voor my oop:
n swaar spensdeur in n ou plaashuis.
Miskien, miskien
dieselfde lug, die wit wit wolke,
die velde wuiwend.
Vir n vlietende oomblik
skuif hierdie deur oop;
en al die ingelegde pyn in glasbottels,
die gistende gemmerbier van verwerping,
die dooie vlinder vir n biologie-projek,
onsekerheid en onvervulling
in donker kaste uitgekristal,
staan in blikke soos meel en suiker.
In Mlaga, o Mlaga
gis herinneringe;
word al hierdie onthou gestol.
Kinders dra hul wonde soos medaljes
Aldus Leonard Cohen
Tussen kleinpouse
en grootpouse
leer ons die alfabet
van verwerping, die logaritmes
van verdriet
en die grammatika van afs.
N skool vervoeg
ons verder aan standverskille,
die vader se inkomste
n aksentverskille
tussen die bo- en onderdorp.
Sonder n omhaal
van woorde
is ons so teen twaalf
goed afgerig
om subtiele klassifikasies
neer te pen.
Tabelle van inkomste, stand
en ras
word behendig
teen die stil kind
gegooi. n Klasmaat skuif
skielik weg. Skunnige opmerkings
verwond en yk.
Hier dan die bloudruk
vir die latere onvermo om dubbelspraak
of konjunktiewe te aanvaar.
So, as Hy weer kom
as Hy weer kom, kom haal Hy
sy prels.
