Huisgodsdiens
Vanaand bid my vader
voor die HereGod
om genade, liefde.
Oopoog kyk ek na hom,
my vader
en sy kinderlike geloof.
Eens het ek dit verloor,
om nou opnuut in God te glo.
Van atesme en agnostisisme
teruggekeer na die huis
van die vader:
om te bid soos my vader
om liefde, genade
vir my verbrokkelde gesin
vol windstreke,
dwarshede,
Boeddhisties aanvaar.
Uiteindelik verbind
in klotsels bloed,
dikker as brakwater.
Ek sou dit so graag anders
wou h,
Vader.
