JOU GESIG VOORSPEL MY
o om my af te kring n nat glas op n tafel
jou mond is n herinnering
met die minste moeite sal ek insluimer die daglig kan die slaap nie steur nie
jou stem is n flits wat my wil wek al is ek terughoudend soos slaap openbaar jy my soos die son
fel en genadeloos sy skaduwee
kan jy my genoegsaam liefh sodat ek helder en vry kan uitkom soos die mre oorloop uit slaap
waar die nag waak oor my geslote o?
wat maak jou so indringend en skerp dat selfs in my weiering
die glans van jou hande soos lug deurskyn en ek in jou o sien hoe hulpeloos
lief ek jou het?
