EKSODUS
Ek weet dis tyd om te gaan, om myself te lei
na die plek toe waarin ek glo,
om op te pak en deure te sluit
terwyl die koppies hier nog blind gestreep in die motren l.
In die vallei van drdie land staan blomme versadig deur water,
die lelies glinswit tussen geurige grasse en oor die moerasse
wroet vlegtende vinke geel deur duisend riete.
Hir praat ons versigtig agter ho hegge, ons stemme sag tussen blare geweef,
en wanneer een opstaan, knal n takkie onder jou voet
Onmag is so vernederend
rafel n sin na die sypaadjie uit.
Verhuising word dus al hoe makliker. Maar mag ek so afsydig staan?
Die kranse eggo ons woorde en uit ons hemel
val lig skoon soos blouselblokke.
Is daar rens n groen wat so heimweeseer deur doringboombloeisels sif?
Maar daar is ook n nder waarheid wat ek ken, dat duiwe silwer uit torings
soos klokke oor die stad uitbeier, dat n rabbi in die Jodebuurt stilstaan en opkyk,
ook hoe die wind deur die suilery van n basilika hom buig soos n profeet
voor hy afjaag deur die Kidron, sy stem laag
oor die ewige grond wat klop van verwagting.
Maar tog is my mense hir.
Ons hande ruik nog na vinkelwortels en vetkerse en snags word ek wakker
as die sterre soos pioniers oor die vlakte van die donker nag trek.
Dit wat op tou gesit is, moet mos bly!
Uit n fluweeldoos haal ek n eetservies.
Van die smeltlepel af is die gerei edel en Diets voorberei, die silwersmid se naam, gegrif in fyn skrif,
l taalsoet in my mond,
so asof ek aan my binnekant vat.
Hoe selde wou ek voorheen die messegoed poets, maar vandag dek ek tafel
op n Hollandse doek.
Die gesprek is sag en koel soos n lente in Pretoria, pers getemper oor die stad maar oor die laat middaglig skaaf die vinjet weg
as stemme gewigtig soos n Statebybel tussen die breekgoed oopval:
Daar is geen beskawing in vermenging nie! Tussen teorie en praktyk is n leemte.
In die nawe van die dag sien ek hoe nimmereindigend ons di somer gaan stry teen droogte
en hoe wyd en droef die land strek.
Die trek oor die Nuweveldberge was dus verniet
en daar is geen berge verder waarna ons ons o kan opslaan nie.
Ek bid:
Here, as ek moet bly,
tem die wilde trop van my hart, teuel my in,
breek my
die drukgang in.
Ek torring my stadig uit, maar weef my weer in, vas en los praat ek
my dae om
en die heuwels bly wasig gestreep in die ren. n Voltjie maak hom verruklik oop in n boom
maar toe ek weer sien, mompel die herfs in bruin verset en word takke mettertyd gestroop.
Ek het geen oortuiging meer nie,
vrede raak verlore soos stemme teen kranse. Niks kom tot stand nie
en onbesield kruip die winter
in skaduwees van blou klawer in.
Uit n vliegtuig sien ek hoe l n stoftraan siltig op die wang
van drdie land, maar die aandwind bring sy sagte vingers:
Troos, troos my volk.
Eweseer vleg my gesplete psige
sy verstrengelde liefdes om my hart.
Di deelgenootskap kry ek nie afgepaar nie. In jukstaposisies
slaap hulle saam.
Israel, ek was wild in jou gent soos n olyf en nou groei ek sappig in jou voort,
maar hoe pynlik skraal en mooi hang ns wilgers oor waters.
Ek loop deur ons strate met vreemde name.
Vols swenk te laat van drade af
en ek weet dat die lope van die Hennops onverbiddelik die afgewaaide bloeisels met hom saamdra.
Dus is die lewe hier
net n manier om die tyd om te kry,
en die volgende somer sal net n warm rumoer om die koue hart
van die winter wees.
Ek weet dat botterblomme uit die Klaagmuur groei
en dat vroue vir soldate sing:
Kumi ori, kumi ori, jou lig het gekom.
Kyk, die donkerte bedek die nasies maar die glorie van God
het vir julle gekom.
Ek huil in my hande:
O my geboorteland wat ek so liefhet, en haat.
om vir jou die teerste metafoor te kry, breek die punt van my hart,
want ek weet te veel.
Wanneer ek die agterdeur oopstoot streep volente roes oor die bome en die wasgoed op die draad
hang soos motte.
My mense bly praat oor nietige dinge en ek weet te min
om verder hir te oorwinter.
Kumi ori: staan op en skyn
n Land is mos nie alles nie, praat ek binnetoe.
Noord bly noord en dis dieselfde son
wat in die oggend oral opkom. n Taal is met n skip gebring en word mettertyd
vernuftig na nood en nadenke vernieu.
Hoe toevallig is ek hier gebore!
Maar tog gaan ek alleen weg:
Totsiens, totsiens.
Ek pak en versel dose.
Die hortjies van my huis val tralieskaduwees oor banke en tafels onder lakens. Losgekoop loop ek verlaas deur die park. Die pienk verbenas leun oor die visdamme en die hele seisoen word oorgegee aan slyk.
Die paadjies loop dood teen n toegerankte muur.
Israel, mre kom ek na jou toe,
want nooit kan ek stil wees oor jou nie.
Ek sien hoe jy jou oplig
tussen die sinkende skouers van nasies. Hoe jy die eeue se stof
uit jou o uitvee om die Skrif vinger vir vinger na te lees.
Waar jy is, is ek. Jou volk is my volk.
Jou God en myne is een en vir jou sal ek doodgaan.
Met my wysvinger lig ek jou ken. Hoe sag val jou
donker krulle oor jou voorkop en hoe mooi breek jou glimlag oop as jy opkyk.
Posie is bitterheid,
hemelse heuning wat vloei
vanuit n onsigbare heuningkoek,
vervaardig in die siel.
Aljander, aljander so deur die bos
Ek onthou die presiese oomblik
toe hierdie proses
my besoek het. Wag.
Eerder toe
iets in my oopgemaak het
soos n hek op n begraafplaas
met ou stene vol mos en ligene.
Jy ontvang dit, jy soek nie daarna nie,
soos Neruda getuig,
op n dag wat die aarde oopmaak,
die wolke oor die aarde soos n Oordeelsdag
vir een klein oomblik stilstaan,
die oseaan langer as gewoonlik vloed,
kom dit na jou. Soos n boodskap.
Jy sien die mos teen die mure
en ruik die gom van sipresse.
Jy vrees nooit weer die dood nie,
is nie bang vir die donker nie.
Jy is altyd laat vir etes
en verbuigings, modelle en formules
hou jou weg van daardie ou kliptafels
in die begraafplaas met name van bekendes.
Jy weet dat Maria nie ouer as ses
geword het nie en dat Freek (so help my God)
se vrou en kinders hom nooit verlaat
het nie, al is hy voortydig weg. En Bybie?
Was die Here haar nie genadig nie!
Die dooie blomme op n verslonste graf
verraai meer as die grafskrif
in liefde en genade opgerig.
Dis die Kainsmerk,
die vloek van heldersiendheid,
die twee keer beleef,
die dieper kyk na woorde
wat heilige betekenisse dra.
Dit was n gedig oor eensaamheid
op ouderdom vyftien
en na vele reise, liefdes, wetes
keer ons altyd terug
na daardie eerste, primordiale vers:
Die verlange passer vannag in my.
So het dit alles begin. Presies net so.
Onder die druiweprieel
op n somersmiddag
pluk ek en my suster
n hand vol druiwe:
sien verbaas haar
vingers vlek van die soet.
Op n somersmiddag
dekades later,
herinnering frank:
druiwe weggepik
deur asende duiwe:
onthou gis s n tafereel.
Ons maaltye
Toe ek n kind was,
(as ek reg onthou), was alles stiptelik.
Veral Sondae se braaihoender, patats en bone.
n Ritueel van verwyt voltooi.
Die vader se afwesige stoel
gevul met danksegging, gesprekke oor die erediens
en politieke ontledings van Malan, Verwoerd
en Vorster.
Skaars was die gebed gedoen,
word die servette oopgevou en skerp
messe sny meer as die braaihoender oop.
Elke skeppie kos
met sorg en skuldgevoel af-
gemeet.
Elke glasie wyn
 voor die verpligte middagslapie 
wat geen verwoede rusie
stil.
Die keuse vir n snit
(vlerkie? boudjie?) mag n ander voorkeur
verraai. Afgemete woorde
en blikke sluip soos slu dolke deur die lug.
Hierom verkies ek steeds die binnegoed
van n hoender,
vermy ek soet sjerrie en gekleurde roomys.
Dank ek die Here vir stilte, Sjinese stokkies
en veral Sunlight Liquid.
Lank na die gekletter van die breekgoed
by die opwasbak weet ek:
nog n ete was perfek, volmaak 
n volledige sirkel,
n kommunie van dunner wordende bloed.
Om jou vraag te beantwoord
Altyd buite,
uit pas, misverstaan.
In iemand se swart boekie.
Nie genooi nie. Oorgesien.
Verlaat. Gegnoreer.
Beskuldig. Verinneweer.
Soos n onbegryplike wiskunde-formule.
n Swart bord vol hirogliewe.
Daardie bottel vol kristalle
in die biologieklas. n Latyn-handboek
vol verbuigings en vervoegings.
Die storie van Paul Gallico se
Snow goose. Die new kid on
the block. Patches on the elbows,
maar die hart oop soos n Olimpiese swembad
waarin iemand verdrink. Die toeskouer.
Die ge-crushde, verkeerde keuse.
Toe oorprestasie die wapen. Om in stilte
n ander simboletaal te bemeester:
die verlange passer vannag in my 
dig ek, griffend met
n skewe passer in n meetkundeboek.
n Lewenslange wete oor die hartlandskap;
hiervoor van kleinsaf nie opgewasse of uitgeknip nie.
So n kind was ek.
My oupa Frank
In die huis van my ouers
staan n skildery van my oupa
van n ou plaashuis,
daardie huis wat hy moes afteken,
sy pa se naam ontwille.
Daarna moes oupa Frank
met sy vrou en seuns
n nuwe heenkome soek
en iewers glo in Kuilsrivier
het my pa-hulle n holte vir hul voet gevind.
Oor en oor het my oupa
daardie plaashuis bly skets
en skilder. Daardie huis wat hom moes toekom:
n huis met n solder waarop sy seuns kon speel,
blomme in n blombak voor die gewelhuis
en strak bome wat die herfslig opvang.
Al moes my oupa sy erfgeld wegteken,
behou hy ten slotte sy reg om te teken.
