WEGRAPING
Ek verlaat nou die plek
en die lug van alledaagse blou.
Ek sal die aarde van my tone afskud, myself in die laaste vensters herken.
Hou my dop deur baie ruite:
God het hom by my ingelaat!
Ek sal nog een keer stof uit die vywers vee
en met n sagte koer teen n rivierpopulier klim.
Godgenoegsaam
gaan ek sonder rep of roer en die dag skuif skaars.
Ek kyk oor antennas.
Slegs my glimlag word onthou.
