JERUSALEM II
O Jerusalem  jy is buite jouself uitbundig
in henna en oleanderstruike, rugbaar rooi en dig
soos n optog wat die paaie bevlag. Olyfbome op oumenskieries
druk en beur
en koepels beklim die dag en wys deur goue ren.
O Stad 
deur die wit amandelblomme beweeg die son soos n lint voor die vreugdevolle Man wat di keer vryvoet stap
oor die Via Dolorosa en sy aardsheid
met elke teug inadem.
