JERUSALEM I
Na Amos 3
Teen die skemering vou
n eeu oue shachah in die muur. Jerusalem kla uit ramshorings en opgehefde hande
wat in poorte beloftes
voor altare en offers onthou.
Jehova luister, wag en weet:
Sy profete roep deur gesluierde herinneringe tot by Hom, weier n dowe oor!
Vra bemiddeling wiegend af van Hom.
Hy sien die oudstes geskrifte lees, hulle gesigte teen die koel klip,
re na ou dae, moe tye en nuwe verto
wat brabbelend en Arabies oor keiklippe stroom.
Jehova droom Jerusalem basuinblink en mooi wag vir profete om genoeg te profeteer
sodat hy seker en verhewe terug kan keer
deur die oostelike poort.
shachah: buiging
