HERLEWING
Wallis, 1903
o heerlike Kolesnoeier met hande gebars
en swart gegroef diep in skagte af deur stof en roet is u flonkerende teenwoordigheid mt ons!
as koekepanne verstramd op spore ruk en oorbelaai deur nou gange druk
en uur na uur ons toeval en keep en kap
ons vaskeer en weghou van die rookgrys lig wat oor Wallis hang
as bore en pikke vermoeiend kerf tesinnig uit steenkoolare
swart emmers aangee
en die dampe van die nag ons tot ons siel oopklowe met beddings en groewe versteende stof
en loonstilstande ons rye moe gesigte saam laat pers die aardlaag van ons hande
oopruk en elke asem taai teer in ons binneste ingrawe
ontgin u lig ons steeds dat ons skof na skof in u wil in myn!
