MOEDER TERESA IN KOLKATA
Teresa met die kruis om haar nek sien die son swart
druk oor gehuggies, slykwater koorsig yl in slote.
Die kruis dra die vrou
na die borriegeel kind wat oop l teen die pienangboom
en sy hoor hoe nagte uit die ren indrup oor dakpanne,
hoe moesonwinde vir die bedelskrewe gee.
Teresa wil soms alleen met Hom wees,
maar Hy stap dr haar na die gis van die swere op mense wat op keiklippe teen mure l.
Elke nuwe dag haal
sy vir haar bedevaartbessies terug en hoor hoe dit girt-girt
in haar benerige hand om na die liefdevolle dag
Hom haastig van agter in te loop.
