ANDREW MURRAY
Saterdag is ek pad-af
agter die geur van karoobos aan, groen en gewillig na die sagte stuif
tussen ander kruie, fynbos en winterels. Later na die konsistorie waar ek druipend onder U kom l; my hart,
weer week, bid en druk
deur dro en hooglande na u binneren. My hoop n opvangvlei
sodat ek in die oggenddiens die banke vol kan vloei
vir die afvalliges, die dorstiges,
beskroomdes en rykes, met u oorvloedigheid.
