SAVONAROLA
terwyl Angelo onderstebo tussen vloer en koepel die ingeto Adam sy hand vir God laat gee presies net soos Savonarola klakkeloos
byna bomenslik en gruweloos dit wil moet hy tog telkemale die skertsing van die man in die dak
met sy kwas uitvee
Angelo wonder of die arme askeet weet van die naakte vrou wat uit die marmer wil dans en dat pitas en madonnas nie altyd tragies en preuts
in rame vasgevang wil bly nie
dat selfs engele saans streep na die freskos in Parma en Florence
om oor Botticelli se skepping vlerk te sleep
