LUTHER
In die klooster op die berg Cassinum het jy die Skrifgedeeltes
nog nie begryp waar jy kweselrig in jou bidkamer dwaal,
tot op n mre n duif brood op die vensterlys vra en jy wat jou asketies
tot dun spys wou keer, salig oorvloedig
deur die ligte kamerdoek
op die dak uitklim en later tussen kanet en kaneel die graaf
 Deus laborat 
bo jou kop vir God gee: H sal die werk doen
en jou daardie nag nog leer om afskuwelik ligsinnig
met hare soos stromende kerse, spykers en geskrifte die berg
af
te
vaar.
