NERO
n Brief uit n tronk word langs alle paaie van hand tot hand gegee en gol in Rome.
Jy lees omsigtig
tussen marmer en pilare.
Die skadus van Diana en Artemis slaap lewensmoeg.
Jy versink in verse oor Troje, maar snags onthou jy die brief wat skreiend soos vlamme oor Esquilinus woed.
In die wingerde en boorde druiwe en olywe s jy later rels uit die brief
vir die winterduiwe van Kreta op.
Weke al is jy die mal geworde Nero; gedeeltes, aanhalings, woorde
pla in die katakombes van jou bloed.
